Volksetimologie

Volksetimologie is die klankverandering (opsetlik of onopsetlik) van woorde wat betekenisloos is[1] tot nuwe woorde wat verstaanbaarder is.[2] Die ongewone woorde[3] is uitgespreek soos dit vir die sprekers (die gewone mens, breedweg die volk) geklink het en is soms verander of vervorm tot 'n woord wat bekend klink (hetsy deur klank-, hetsy deur begripassosiasie).[4][3][5][6] Volksetimologieë is in Afrikaans eiegoed, en nie uit Nederlands oorgeërf nie. Dit het hetsy uit misverstand, hetsy uit onkunde, hetsy grappenderwys in die volksmond ontstaan.[7][8] In wese speel volksetimologie nie 'n belangrike rol in die vorming van die nuwe Afrikaanse woordeskat nie.[3] In die negentiende-eeuse Transvaalse koerante word veral met baie konsepte en eiename van Britse (imperialistiese) herkoms mee die spot gedryf.[9]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named prinsloo
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Botha
  3. 3,0 3,1 3,2 Rossouw, P.J., Du Toit, H.A., Louw, I.J., Jurgens, M.L., Theron, J.W. s.j. Die Lewende Taal: Afrikaans as moedertaal vir die nuwe Senior Sekondêre Kursus (Standerds 9 en 10) en vir ander klasse van gelykstaande ontwikkeling. Kaapstad: Juta. pp. 150-151
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named HSPietersburg
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named DuToitPJ
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Basson
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named DeKlerk
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Vandermerweponelis
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named CombrinkVanRensburg

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search